Ons Visie

Geloofsentrum Universitas is ‘n plek waar mense ‘n gGeestelike tuiste vind en waar ‘n Geloofsfamilie vir mekaar leef en in liefde mekaar ondersteun.

Hierdie dinamiese gemeente is aktief in die onmiddelike  omgewing en groter gemeenskap van die Vrystaat betrokke en is ‘n sprekende voorbeeld van Geloof in Aksie, waar mense passievol bedien word op alle vlakke.

In ons Eredienste daag ons ons geloofsfamilie uit en word die geloofsfamilie toegerus om praktiese Christenskap uit te leef, nie net Sondae en by die kerk nie, maar ook in praktyk, in die markplein elke dag.

Ons Geloofsentrum bied geestelike en lewenstoerusting en ondersteuning in die vorm van Aanbidding, Heling, Groei en Diens.  Dit is ‘n Sentrum wat hoop bring en hulp verleen waar nodig, van geestelike leiding tot basiese mediese ondersteuning, finansiële advies,  en ondersteuning aan kleiner gemeentes.    So byvoorbeeld het die Geloofsentrum ‘n samewerkingsooreenkoms met Verkeerdevlei gemeente en beskou ons hierdie gemeente as deel van ons geloofsfamilie!

Ons het ‘n groeiende jeugbediening op junior, senior asook studentevlak en raak relevante onderwerpe aan wat herlewing bewerkstellig.

Ons staan in liefde en geloof, afhanklik van God en ons grootste fokus bly om the hoor wat die Here wil hê ons moet doen en Skrifgetrou daarvolgens te handel.

Leraars

André Oosthuizen
082 378 3081

Zilke Mahabeer
071 491 6496

Kantoorpersoneel

Elmien Coetzer
081 828 9536
elmien@geloofsentrum.co.za
Skriba

Douw Kriel
083 452 4230
douw@geloofsentrum.co.za
Fasiliteitsbestuurder
Dorette du Toit
082 775 3552
dorette@geloofsentrum.co.za
Finansies

Kantoorure 

Maandag, Woensdag, Donderdag & Vrydag
08:00 – 12:30

Dinsdag
Gesluit