Eredienste

Die Geloofsentrum bied weekliks eredienste aan wat by die kerk fisies of aanlyn bygewoon kan word op Facebook of YouTube. (Maak hierdie links in die teks asb).   Dit is ook die sentrale punt van feesviering, versorging, bemagtiging en mobilisering.  ‘n Afrikaanse erediens word Sondagoggende om 9:00 by die Geloofsentrum in Universitas aangebied.  Die aanddiens is om 17:00 en word in Engels aangebied, spesifiek gefokus op Engelse lidmate.

Musiekbediening

Die Geloofsentrum het ’n unieke musiekbediening gevestig met ’n orkes, voorsangers en besondere orrel wat die gemeente tydens eredienste en ander geleenthede in lofprysing en aanbidding lei en bedien.  Indien jy belangstel om betrokke te raak, kliek op die onderstaande link en laat weet ons.

Erediens Werkgroep

Op Maandag-aande vergader die predikers, musiekleier, aanbiddingsleiers en tegniese span om die boodskap van die komende Sondag te beplan. Enige iemand is welkom om hierdie werkgroep by te woon. Dit geskied via ‘n zoom vergadering. Vir meer inligting kontak ons.

Centre of Faith Engelse Bediening

Die engelse bediening van Centre of Faith is een van die groeibedienings wat erns maak met die veranderende konteks waar baie studente uit verskillende kulture hul tuiste hier begin vind. Die Engelse bediening bestaan uit ’n engelse erediens Sondagaande (U-connect), ’n weeklikse byeenkoms en uitreike na die gemeenskap. Vir meer inligting kontak ons.

Doop

Die Geloofsentrum doop babas van gelowige ouers, maar laat ook ruimite vir ouers wat dit verkies om hul kinders in te seën sodat hulle later groot gedoop kan word.   Die Geloofsentrum aanvaar ook volwassenes wat tot bekering gekom het en hulle self wil laat doop.    Groot en klein doop word in die Geloofsentrum toegepas.

Kontak ons vir meer inligting.

Huweliksbevestiging

Die Geloofsentrum bevestig graag paartjies in die huwelik.  Dit is vir ons as Geloofsentrum belangrik dat paartjies wel die verantwoordelikheid en ooreenkoms van die huwelik verstaan.  Daarom is daar ‘n voorhuwelikse gesprek wat met die leraar van keuse moet plaasvind.

Kontak ons vir meer inligting.