Pastorale Versorging

Die leraars en kerkkantoor maak gereeld kontak met geloofsfamilielede.  Huisbesoek geskied individueel op aanvraag of in groepsverband. Na die eredienste is die leraars by die pastorale spreekkamer beskikbaar. Hulle betrek ook  professionele beraders van verskillende dissiplines wanneer nodig.

Die leraars en kerkkantoor moet asseblief in  kennis gestel word van siektes, hospitaalopnames en sterftes, om seker te maak dat ons ook daar geestelike en emosionele ondersteuning kan bied.  Daar word ook gereeld vanuit die kerkkantoor telefonies kontak gemaak om na die welstand van ons Geloofsfamilie om te sien. Ons het ook ondersteuningspanne wat help met bv hospitaalbesoeke, opvolg siekebesoeke, ondersteuningsgroepe vir verlies ens.

Skole Bediening

Die Geloofsentrum het ‘n passie vir die Jeug en reik graag uit na skole om kinders wat hulp nodig het, pastoral, geestelik en emosioneel by te staan.

Universitas Primer is een van die eerste skole wat by die projek ingeskakel het.

Omgeegroepe

Selgroepe, omgeegroepe (lg minder gestruktureerd), Bybelstudie- en Gebedsgroepe help om na mekaar om te sien en saam te groei in geloof en diensbaarheid. Elke lidmaat word aangemoedig om deel te word van ’n kleingroep.

Gebedsversoeke

As ‘n Geloofsfamilie ondersteun ons mekaar en bid vir mekaar, wanneer dit moeilik gaan, maar ook wanneer dit goed gaan.   Ons wil graag vir jou bid.