Jeugbediening
Die Jeugbediening is vir ons ‘n passie en ‘n groot fokus. Daar is reeds meer as 150 skoolgaande jeug wat elke week by die Jeugbediening inskakel. Daar word voorsiening gemaak vir verskillende ouderdomsgroepe.
- Groeigoggas (2 – 5 jaar)
- Besige Bouers (6 – 7 jaar)
- Ontdekkers (8 – 9 jaar)
- Unikids (10 – 12 jaar)
Rebelliegroep (13 – 15 jaar) - Oorvloed (16 +)
Ons stap ‘n pad met die Jeug om hulle harte vir die Here te gee en om werklik Geestelik te groei tot op ‘n stadium waar hulle gereed is om Belydenis van Geloof af te lê. Belydenis van Geloof is nie ‘n outomatiese vordering nie. Elke kind moet self besluit wanneer hulle gereed is om die stap te neem.
Daar is een keer per kwartaal geleentheid om Belydenis van Geloof af te lê.
Ons missie is om die kInders geestelik, emosioneel en sosiaal toe te rus vir die toekoms. Daarom word daar gefokus op verskillende sosiale aktiwiteite wat alle kinders kan betrek, soos byvoorbeeld, Avontuur, Fliek en Kreatiewe aktiwiteite.
Ons jaarlikse Hoërskool Prep kamp is ‘n hoogtepunt en geleentheid vir Gr 7’s om gereed te maak vir die hoërskool. Kinders van regoor die Vrystaat kan die kamp bywoon.
Woordskool
As Geloofsentrum vir groei wil ons elke lidmaat toerus om met selfvertroue die Woord van die Here te lees, te interpreteer en te verstaan. Sodoende kan Bybelse beginsels op alle aspekte van ons lewens toegepas word.
Die Woordskool is ’n toerustingsgeleentheid waar jy waardevolle geloofsvaardighede leer om te groei in jou verstaan van die Woord en jou liefde vir die Here Jesus. Talle mense is al deur die Woordskool toegerus en getuig van persoonlike groei en verryking. Dit is ’n geleentheid om in jou eie geestelike lewe te belê!
Jy skryf nie eksamen nie, maar ontwikkel waardevolle vaardighede om die Woord te verstaan en in verskillende situasies en kontekste in jou lewe toe te pas.
Die Woordskool bestaan uit kort kursusse wat deur die loop van die jaar aangebied word. Jy kan enige van hierdie temas bywoon, ongeag of vorige temas/kursusse bygewoon is.
Hou die Familienuus dop vir opkomende kursusse of Vrae wat pla geleenthede. Woordskool word aanlyn aangebied.
Groeikursusse
Ander ondersteunende groeigroepe word van tyd tot tyd en volgens behoefte gevorm, soos vir huweliksvoorbereiding, ouerleiding, aftrede of tienerbediening. Kliek hier vir die 2022 kalender.
Bybelstudie
As Geloofsentrum is dit ons visie dat elkeen geestelik sal groei tot volwassenheid. Om hierdie groei aan te moedig, is daar verskeie groeigeleenthede waarby ingeskakel kan word:
Deur kleingroepe word jongmense informeel op die geloofspad begelei.
Verskeie kleingroepe vir studente en jongwerkendes kom deur die loop van die week bymekaar. ’n Gerigte bediening maak voorsiening vir Engelssprekende studente.
