Projek Kinders
Kinders lê ons na aan die hart. Hierdie projek fokus op kinders in:
Ons Kinderhuis. Hier is Huis Vastrap ons verantwoordelikheid. Benewens die maandelikse versorging, bied ons enigiets wat ’n gewone huis nodig het. Ons is ook betrokke by verskeie ander huise, veral ten opsigte van aankope van skoolklere en skoolskoene asook die betaling van maatskaplike dienste tov van forensiese assessering van sekere kinders waar nodig.
Amohelang daycare Centre (Mangaung): Ons ondersteun die skooltjie in hul basiese maandelikse behoeftes dmv kos vir die kleuters.
Projek Hulpbehoewendes
As Geloofsentrum is ons gemeente ook die plek waar mense met fisiese nood kom aanklop vir hulp. Ons help graag!
Haweloses en behoeftige gesinne word op Woensdae en Vrydagoggende op ’n besondere wyse bedien. ’n Kort Skriflesing- en gebedsgeleentheid word vir hulle gehou, voordat vrywilligers vir hulle ’n ete gee. Benewens ons eie bydraes, skenk die Spar-winkel by Muddplein ruim voedselbydraes hiervoor.
In die Yadehuis en Ataliahuis word hulpbehoewende volwassenes gehuisves. Ons probeer na behoefte help.
Fisieke hulpverlening geskied vanuit ’n spesiale fonds, Unisorg. Gesinne asook individue word finansieël bygestaan, terwyl spesiale aandag aan alimentasiegevalle geskenk word.
Projek Evangelisasie
Ons Geloofsentrum het nie vaste fisiese grense nie en daarom reik ons op grond van Jesus se sendingopdrag gereeld uit – selfs ver buite ons stads- en landsgrense.
Projek Bybelverspreiding
Daar is twee bedienings waarvoor op hierdie wyse in kontant bygedra word: Die Gideonsbediening, Bybelgenootskap se Bybelverspreiding.
Diens aan gemeentes
Die Geloofsentrum wil graag kleiner gemeentes in die Vrystaat bedien. Ons leraars besoek gereeld plattelandse gemeentes om te help met Eredienste, musiekbediening en Kategese. Verkeerdevlei gemeente is ook by die Geloofsentrum ingeskakel.
Kleiner gemeentes word uitgenooi om ons te kontak, indien hulle ‘n behoefte aan hierdie diens het
